Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 2:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Na ’n paar dae het Hy weer in K’far-Nagum ingegaan en toe hulle gehoor het dat Hy in ’n huis was,

2. het baie bymekaargekom sodat daar selfs voor die deur nie meer plek was nie en Hy het met hulle oor die boodskap gepraat.

3. Hulle het ’n verlamde man tussen vier mans gedra en na Hom toe gebring.

4. Omdat hulle weens die skare nie naby Hom kon kom nie, het hulle op die dak geklim en die dakteëls van die plek waar Yeshua was, oopgemaak en die draagbaar, waarop die verlamde lê, laat sak.

5. Toe Yeshua hulle vertroue sien, sê Hy vir die verlamde: “My seun, jou sondes is vir jou vergewe!”

6. Daar was van die leraars van die wet en die Fariseërs wat daar gesit het en in hulle gedagtes gedink het:

7. “Wie is Hy om so boos te praat teen God? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?”

8. Yeshua het in Sy gees geweet dat hulle hierdie dinge by hulleself dink en Hy sê vir hulle: “Wat redeneer julle oor hierdie dinge in julle gedagtes?

9. Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op, tel jou draagbaar op en loop?’

10. Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die mens outoriteit het om op die aarde sondes te vergewe,” sê Hy vir die verlamde:

Lees volledige hoofstuk Markos 2