Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 16:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe hulle dit hoor, het hulle vinnig uitgegaan en weggehardloop van die graf af, maar in skok en met bewing het hulle vir niemand iets gesê nie, want hulle was bang.

9. Nadat Hy opgestaan het, het Hy vroeg op die eerste dag van die week eerste aan Miryam van Migdala, uit wie Hy sewe demone gedryf het, verskyn.

10. Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom was terwyl hulle treur en huil

11. en toe hulle hoor dat hulle sê dat Hy lewe en aan hulle verskyn het, het hulle dit nie geglo nie.

12. Hierna het Hy op ’n ander manier verskyn aan twee van hulle terwyl hulle na ’n dorpie toe geloop het.

13. Hulle het gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

14. Daarna het Hy aan die elf verskyn toe hulle by die tafel skuins gelê het en die gebrek aan hulle vertroue en hardheid van verstand veroordeel omdat hulle die wat Hom vroeër gesien het, nie geglo het nie

15. en Hy het vir hulle gesê: “Gaan na die hele wêreld en verkondig My goeie boodskap in die ganse skepping.

Lees volledige hoofstuk Markos 16