Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 16:2-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Baie vroeg op die eerste dag van die week, met die opkoms van die son, kom hulle by die graf

3. en hulle sê vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die opening van die graf wegrol,”

4. want dit was baie groot. Toe hulle opkyk, sien hulle dat die klip weggerol is.

5. Hulle het in die graf ingegaan en ’n jongman, met ’n lang wit kleed, aan die regterkant sien sit en hulle was verskrik,

6. maar hy sê vir hulle: “Moenie bang wees nie. Julle soek Yeshua van Natzeret wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie! Let op, die plek waar Hy neergelê was,

7. maar gaan sê vir Sy studentevolgelinge en vir Kefa, let op, Hy sal voor julle uitgaan na die Galil. Daar sal julle Hom sien, net soos Hy vir julle gesê het.”

8. Toe hulle dit hoor, het hulle vinnig uitgegaan en weggehardloop van die graf af, maar in skok en met bewing het hulle vir niemand iets gesê nie, want hulle was bang.

9. Nadat Hy opgestaan het, het Hy vroeg op die eerste dag van die week eerste aan Miryam van Migdala, uit wie Hy sewe demone gedryf het, verskyn.

10. Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom was terwyl hulle treur en huil

11. en toe hulle hoor dat hulle sê dat Hy lewe en aan hulle verskyn het, het hulle dit nie geglo nie.

12. Hierna het Hy op ’n ander manier verskyn aan twee van hulle terwyl hulle na ’n dorpie toe geloop het.

13. Hulle het gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

Lees volledige hoofstuk Markos 16