Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 16:17-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hierdie tekens sal dié wat vertrou vergesel: in My Karakter en Outoriteit (Naam) sal hulle demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle praat,

18. hulle sal slange optel (hulle vyande hanteer) en as hulle iets giftigs drink, sal dit hulle geen kwaad aandoen nie. Hulle sal die hande lê op siekes en hulle sal gesond word.”Ps 110:1 ; Mar 14:62

19. Nadat Yeshua, ons Meester, met hulle gepraat het, het Hy opgegaan na die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God,

20. maar hulle het uitgegaan en in elke plek verkondig en ons Meester het hulle gehelp en die boodskap bevestig deur die tekens wat hulle gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Markos 16