Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 15:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Daar was een genaamd Bar-Abba, wat saam met mede-oproermakers gevang is; hulle wat in die opstand ’n moord gepleeg het.

8. Die skare het uitgeroep en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

9. Pilatos antwoord en sê: “Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet vrylaat?”

10. Want Pilatos het geweet dat die leierpriesters Hom uit afguns oorgelewer het,

11. maar die leierpriesters het die skare al hoe meer aangehits dat hy eerder Bar-Abba vir hulle moes vrylaat.

12. Pilatos sê vir hulle: “Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle ‘Koning van die Jode’ noem?”

13. Weereens skree hulle: “Kruisig Hom!”

14. Pilatos sê vir hulle: “Watter kwaad het Hy gedoen?” Hulle skree toe nog harder: “Kruisig Hom!”

Lees volledige hoofstuk Markos 15