Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 15:35-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Sommige wat daar staan, hoor dit en sê dat Hy na Eliyahu roep.Ps 69:22 en hulle sê: “Los Hom alleen, laat ons sien of Eliyahu kom om Hom af te haal,”

36. Toe hardloop een en maak ’n spons vol asyn, sit dit op ’n riet vas om Hom te laat drink

37. maar Yeshua het in ’n harde stem uitgeroep en Sy asem uitgeblaas

38. en die gordyn in die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.

39. Toe die kaptein oor ’n honderd, wat by Hom staan, sien hoe Hy uitroep en Sy gees oorgee, sê hy: “Waarlik, hierdie Man is die Seun van God.”

40. Daar was ook vroue wat dit van ver af dopgehou het. Onder hulle was Miryam van Migdala, Miryam, die moeder van die jonger Ya’akov en Yosi en Shalomé

41. en hulle wat Hom gevolg en Hom versorg het toe Hy in die Galil was, asook baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Yerushalayim.

42. Toe dit aand geword het en omdat dit die voorbereiding was, net voor die Shabbat,

43. kom daar ’n geëerde lid van die Joodse raad, Yosef van Ramatayim, wat self ook die Koninkryk van God verwag het en gaan openlik na Pilatos om die liggaam van Yeshua te vra.

44. Pilatos het gewonder of dit genoeg tyd was vir Hom om dood te wees en hy het die kaptein oor ’n honderd geroep en navraag gedoen of Hy reeds dood is

45. en toe hy dit van die kaptein oor ’n honderd verneem het, het hy die liggaam aan Yosef gegee.

46. Yosef het linne gekoop, Hom afgehaal, in die linne toegedraai en Hom neergelê in ’n graf wat uitgekap was in ’n rots en hy het ’n klip voor die opening van die graf gerol.

47. Miryam van Migdala en Miryam, die moeder van Yosi, het gesien waar Hy neergelê is.

Lees volledige hoofstuk Markos 15