Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 15:18-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Hulle het begin om Hom te salueer met “Wees gegroet, Koning van die Jode!”

19. Hulle het Hom met ’n riet op die kop geslaan en op Hom gespoeg en op die knieë geval en Hom ‘aanbid.’

20. Nadat hulle Hom gespot het, het hulle die pers kleed uitgetrek en vir Hom sy eie klere aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.

21. Hulle het ’n sekere Shim’on van Kurene, wat van die veld af gekom het, die vader van Aleksandros en Roufos, gedwing om Sy kruis te dra.

22. Hulle het Hom gebring op die plek Gulgolta, wat vertaal word as: Kopbeen.

23. Hulle het vir Hom wyn gemeng met mirre gegee om te drink, maar Hy het dit nie gedrink nie.

24. Toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.

25. Dit was die derde uur (nege-uur die oggend) toe hulle Hom gekruisig het

26. en op die inskripsie met die rede vir Sy dood is geskryf: ‘DIE KONING VAN DIE JODE.’

27. Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een aan Sy regterkant en een aan sy linkerkantYes 53:12

28. en die Skrif is vervul wat sê: ‘En Hy is by die wetteloses gereken.’Ps 22:8,9

29. Die verbygangers het kwaadgepraat van Hom terwyl hulle hul kop skud en sê: “O! Vernietiger van die tempel en die een wat dit in drie dae opbou,

Lees volledige hoofstuk Markos 15