Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 15:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Die soldate het Hom weggelei na die binneplaas van die hoofkwartier en hulle het die hele leërafdeling bymekaargeroep,

17. vir Hom ’n pers kleed aangetrek en vir Hom ’n kroon van dorings gevleg en opgesit.

18. Hulle het begin om Hom te salueer met “Wees gegroet, Koning van die Jode!”

19. Hulle het Hom met ’n riet op die kop geslaan en op Hom gespoeg en op die knieë geval en Hom ‘aanbid.’

20. Nadat hulle Hom gespot het, het hulle die pers kleed uitgetrek en vir Hom sy eie klere aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.

21. Hulle het ’n sekere Shim’on van Kurene, wat van die veld af gekom het, die vader van Aleksandros en Roufos, gedwing om Sy kruis te dra.

Lees volledige hoofstuk Markos 15