Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 14:47-65 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

47. maar een van die wat naby gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy oor afgekap.

48. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Het julle soos teen ’n rower gekom met swaarde en stokke om My te vang?

49. Ek was elke dag by julle in die tempel en het geleer en julle het My nie gevang nie, maar hierdie het gebeur dat die Skrifte vervul sou word.”

50. Toe het Sy studentevolgelinge Hom in die steek gelaat en gevlug.

51. ’n Jongman het ’n linne kleed om sy kaal lyf gegooi en Hom gevolg en hulle het hom gegryp,

52. maar hy het die linne kleed agtergelaat en kaal gevlug.

53. Hulle het Yeshua na Kayafa, die hoofpriester, gebring en al die leierpriesters en die oudstes en die leraars van die wet by hom bymekaargebring,

54. maar Shim’on het Hom op ’n afstand gevolg tot binne-in die voorhof van die hoof-priester en het saam met die diensknegte gaan sit en hom by die vuur warm gemaak.

55. Die leierpriesters en almal wat vergader het, het getuienis teen Yeshua gesoek om Hom dood te maak en hulle het niks gekry nie

56. terwyl baie teen Hom getuig het, was hulle getuienisse nie aanvaarbaar nie.

57. Mense het teen Hom opgestaan en leuens teen Hom getuig en gesê:

58. “Ons het Hom hoor sê: ‘Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae ’n ander een bou wat nie met hande gemaak is nie’”

59. en selfs hieroor was hulle getuienis nie aanvaarbaar nie.

60. Die hoofpriester het opgestaan tussen hulle en vir Yeshua gevra en gesê: “Antwoord U nie een van die wat getuienis teen U bring nie?”Eks 3:14

61. Hy was egter stil en het niks geantwoord nie. Weer vra die hoofpriester vir Hom en sê: “Is U Die Gesalfde Een, die Seun van Die Geseënde Een (Bar-HaM’vorakh)?”Lev 5:1 “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees en julle sal die Seun van die mens aan die regterhand van Die Krag (HaG’vurah) sien sitPs 110:1 en kom met die wolke vanaf die hemel.”Dan 7:13

62. Yeshua sê vir hom:Eks 28:32; Eks 39:23

63. Die hoofpriester skeur sy klere in twee en sê: “Hoekom het ons nog getuienis nodig!

64. Let op, uit Sy mond het julle die godslastering gehoor; hoe lyk dit vir julle?” Almal van hulle het geoordeel dat Hy die doodsvonnis verdien

65. en sommige het begin om Hom in die gesig te spoeg en sy gesig toe te maak en Hom te slaan en vir Hom te sê: “Profeteer!” en die soldate het Hom op Sy ken geslaan.

Lees volledige hoofstuk Markos 14