Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 12:30-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. en: ‘jy moet יהוה, jou God, liefhê vanuit jou hele verstand, wil en emosie; vanuit jou hele gees; vanuit al jou begrip en verbeelding en vanuit al jou krag.’ Dit is die eerste opdragLev 19:18

31. en die tweede, wat net soos hy is, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander opdrag groter as hierdie nie’.”

32. Die leraar van die wet sê vir Hom: “Uitstekend, Leermeester, U het met waarheid gesê dat God Een is en dat daar geen ander is behalwe Hy nie

33. en om Hom lief te hê vanuit die hele verstand, wil en emosie, vanuit die hele gees, vanuit al die begrip en verbeelding en vanuit al die kragte en om die naaste lief te hê soos jouself, is belangriker as enige brandoffers en offerandes.”

34. Toe Yeshua sien dat hy wyslik geantwoord het, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die Koninkryk van God nie” en niemand het verder gewaag om aan Hom vrae te stel nie.

35. Terwyl Yeshua in die tempel leer, vra Hy en sê: “Hoe is dit dat die leraars van die wet sê dat Die Gesalfde Een die Seun van Dawid is,Ps 110:1

36. want Dawid self het deur die Gees van Afsondering gesê: ‘יהוה het vir my Meester gesê: ‘Sit aan My regterkant totdat Ek U vyande ’n voetbank onder U voete gemaak het’.’

37. Daarvolgens noem Dawid self Hom “my Meester;” waarvandaan is Hy dan sy seun?” Baie mense het met plesier na Hom geluister

38. en Hy het vir hulle in Sy leringe gesê: “Pas op vir daardie leraars van die wet wat daarvan hou om in lang klere rond te loop,

39. hou van die beste sitplekke in die bymekaarkomplekke en die beste plekke by die feeste en hou van groete op die strate,

40. hulle wat die huise van die weduwees verslind (opeis) as ’n offerande en hulle gebede lank uitrek. Hulle sal ’n groter oordeel ontvang.”

Lees volledige hoofstuk Markos 12