Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 11:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe hulle naby Yerushalayim kom, by Beit-Pagei en Beit-Anyah, langs die Olyfberg, stuur Hy twee van Sy studentevolgelinge

2. en sê vir hulle: “Gaan na die dorp reg oorkant ons en dadelik as julle inkom, sal julle ’n vul, waar geen mens op gesit het nie, vind wat vasgemaak is. Maak hom los en bring hom

3. en as iemand vir julle vra: ‘Waarom doen julle dit?’ moet julle antwoord: ‘Hy is nodig vir ons Meester’ en dadelik sal hy hom hierheen stuur.”

4. Hulle het gegaan en die vul vasgemaak gekry aan die hek, buitekant in die straat en hom losgemaak.

5. Van die mense wat daar staan sê vir hulle: “Wat doen julle om die vul los te maak?”

Lees volledige hoofstuk Markos 11