Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 10:7-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder agterlaat en vashou aan sy vrouGen 2:24 sodat hulle daarna nie meer twee nie, maar een vlees is.

8. en hulle twee sal een vlees wees

9. Dit wat God dan so verenig het, mag geen mens skei nie.”

10. In die huis het Sy studentevolgelinge Hom weer oor hierdie saak gevra

11. en Hy sê vir hulle: “Wie van sy vrou skei en ’n ander trou, pleeg egbreuk1 Kor 7:10,11

12. en as ’n vrou haar man skei en aan ’n ander behoort, pleeg sy egbreuk.”

13. Hulle het kinders na Hom toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak en die studentevolgelinge het dié wat hulle gebring het, aangespreek,

14. maar toe Yeshua dit sien, was dit vir Hom boos en Hy sê vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie verbied nie, want dié wat soos hulle is, is die Koninkryk van God.

15. Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ’n kind ontvang nie, sal nie daar ingaan nie.”

16. Hy het hulle in Sy arms opgetel, Sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

17. Toe Hy op die pad gereis het, hardloop een en val op die knieë neer en vra Hom: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”

18. Yeshua sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Daar is nie een goed nie, behalwe net Een, God.

19. Jy ken die wet: jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie valse getuienis gee nie, jy mag nie bedrog pleeg nie; eer jou vader en moeder,”

20. maar hy antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, al hierdie dinge het ek gehoorsaam van my jeug af.”

Lees volledige hoofstuk Markos 10