Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 10:43-52 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar die wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees

44. en die wat onder julle die eerste wil word, moet almal se slaaf wees,

45. want selfs die Seun van die mens het ook nie gekom om bedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.”

46. Hulle het in Yerigo gekom en toe Yeshua, Sy studentevolgelinge en ’n groot menigte mense uit Yerigo uitgaan, sit Timai, die seun van Timai (Bar-Timai), ’n blinde man, langs die pad en bedel.

47. Toe hy hoor dat dit Yeshua van Natzeret was, begin hy om uit te roep en te sê: “Seun van Dawid, Yeshua, gee om vir my!”

48. Baie het hom aangespreek dat hy moet stilbly, maar hy het al harder uitgeroep: “Seun van Dawid, gee om vir my!”

49. Yeshua gaan staan en sê dat hy geroep moes word en hulle roep die blinde en sê vir hom: “Wees bemoedig, staan op! Hy roep jou.”

50. Die blinde man gooi sy kleed af, staan op en kom na Yeshua toe.

51. Yeshua sê vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Die blinde sê vir Hom: “Leermeester, dat ek kan sien.”

52. Yeshua sê vir hom: “Sien! Jou vertroue het jou gered.” Dadelik het dit duidelik geword en hy het op die pad weggegaan.

Lees volledige hoofstuk Markos 10