Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 10:34-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Hulle sal Hom spot, Hom gésel, in Sy gesig spoeg, Hom doodmaak en op die derde dag sal Hy opstaan.”

35. Ya’akov en Yoganan, die seuns van Zavdai, het na Hom toe gekom en gevra: “Leermeester, ons begeer dat U vir ons doen wat ons U vra.”

36. Hy sê vir hulle: “Wat moet Ek vir julle doen?”

37. Hulle antwoord Hom: “Gee aan ons dat een aan U regterkant en een aan U linkerkant mag sit in U plek van eer, lof en grootheid.”

38. Yeshua sê vir hulle: “Julle verstaan nie wat julle vra nie. Is julle in staat om van die beker te drink wat Ek drink en gedoop te word met die doop waarmee Ek gedoop word?”

39. Hulle antwoord Hom: “Ons is in staat,” maar Yeshua sê vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word,

40. maar om te sit aan My regterkant en aan My linkerkant, is nie vir My om te gee nie, behalwe aan hulle vir wie dit voorberei is.”

Lees volledige hoofstuk Markos 10