Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 10:17-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Toe Hy op die pad gereis het, hardloop een en val op die knieë neer en vra Hom: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”

18. Yeshua sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Daar is nie een goed nie, behalwe net Een, God.

19. Jy ken die wet: jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie valse getuienis gee nie, jy mag nie bedrog pleeg nie; eer jou vader en moeder,”

20. maar hy antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, al hierdie dinge het ek gehoorsaam van my jeug af.”

21. Yeshua het na hom gekyk en was lief vir hom en sê vir hom: “Een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee dit aan die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.”

22. Hy het egter treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie rykdom gehad.

23. Yeshua kyk rond en sê vir Sy studentevolgelinge: “Hoe moeilik is dit vir hulle wat rykdom besit, om in die Koninkryk van God in te gaan!”

24. Die studentevolgelinge was verstom oor Sy woorde en Yeshua antwoord weer en sê vir hulle: “Seuns! Hoe moeilik is dit vir die wat op hulle rykdom staatmaak, om in die Koninkryk van God in te gaan!Iyov 24:22

25. Dit is makliker vir ’n kameelhaartou om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryke om in die Koninkryk van God in te gaan.”

26. Hulle was uitermate verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is in staat om gered te word?”

27. Yeshua het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alle dinge moontlik.”

28. Kefa begin en sê: “Let op, ons het alles verlaat en aan U vasgehou.”

29. Yeshua antwoord en sê: “Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van My goeie boodskap verlaat het nie,

Lees volledige hoofstuk Markos 10