Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 10:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het opgestaan en daarvandaan na die anderkant van die Yarden, na die grens van Y’hudah gegaan. ’n Menigte mense het by Hom saamgekom en, soos Sy gewoonte was, het Hy hulle weer geleer.

2. Die Fariseërs het na Hom toe gekom om Hom te toets en hulle vra Hom of dit reg is volgens die wet vir ’n man om van sy vrou te skei?

3. Hy sê vir hulle: “Wat het Moshe julle beveel?”Deut 24:1-3

4. Hulle het gesê: “Moshe het ons toegelaat om met die skrywe van ’n skeibrief te skei.”

Lees volledige hoofstuk Markos 10