Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 7:42-50 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. maar hulle kon dit nie betaal nie en hy het albei vrygeskeld. Wie sê jy, sal daarvolgens, hom die meeste liefhê?”

43. Shim’on antwoord en sê: “Ek veronderstel dié een wie hy die meeste vrygeskeld het” en Hy antwoord hom: “Jy het reg geoordeel.”

44. Hy draai na die vrou toe en sê vir Shim’on: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis ingekom; jy het nie water vir My voete gegee nie, maar sy het met haar trane My voete natgemaak en met die hare van haar kop afgedroog.

45. Jy het My nie ’n soen gegee nie, maar let op, vandat sy ingekom het, het sy nie opgehou om My voete te soen nie.

46. Jy het nie My kop met olyfolie gesalf nie, maar sy het My voete met gegeurde olie gesalf;

47. daarom sê Ek vir jou dat haar baie sondes vergewe is, want sy het baie liefgehad, maar hy vir wie ’n bietjie vergewe is, het minder lief.”

48. Hy sê vir daardie vrou: “Jou sondes is vir jou vergewe.”

49. Toe begin die wat aan tafel was, in hulleself sê: “Wie is hierdie wat selfs sondes vergewe?”

50. Yeshua sê vir die vrou: “Jou vertroue het vir jou lewe gegee; gaan in vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.”

Lees volledige hoofstuk Luka 7