Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 6:21-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Uitermate gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag. Uitermate gelukkig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word.

22. Uitermate gelukkig is julle wanneer die mense julle haat en wanneer hulle julle verdeel, uitsluit, onteer en julle karakter en outoriteit verwerp as sleg, ter wille van die Seun van die mens.

23. Verheug jou in daardie dag en spring op van vreugde, want julle beloning is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen!

24. Wee julle, rykes, want julle het jul vertroosting ontvang.

25. Wee julle wat versadig is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en huil.

26. Wee julle wanneer die mense alles wat goed is van julle praat, want hulle vaders het die vals profete net so behandel,

27. maar Ek sê vir julle wat luister, julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan dié wat julle haat.

28. Seën dié wat julle vervloek en bid oor die wat julle met geweld wegvat.Yes 50:6; Kla 3:30

29. Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied en aan hom wat jou klere vat, moet jy ook die bo-kleed nie weier nie.

30. Gee aan almal wat jou iets vra en eis jou goed nie terug van hom wat dit vat nie.

Lees volledige hoofstuk Luka 6