Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 4:26-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. en Eliyahu is nie na een van hulle gestuur nie, maar na ’n weduwee in Tzarfat in Tzidon.

27. Daar was baie melaatses in Yisra’el in die tyd van die profeet Elisha en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Na’aman, die Arameër.”

28. Almal in die bymekaarkomplek is met woede gevul toe hulle dit hoor

29. en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gelei tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou is, om Hom van die rand af te gooi,

30. maar Hy het in die middel, reg deur hulle, geloop en weggegaan.

31. Hy het afgegaan na K’far-Nagum, ’n stad in die Galil en hulle op die Shabbat geleer

32. en hulle was verwonderd oor Sy lering, want Hy het met outoriteit gepraat.

33. In die bymekaarkomplek was daar ’n man met ’n onrein demoniese gees en hy het met ’n harde stem geskree

34. en gesê: “Los ons uit! Wat het Jy met ons te doen, Yeshua van Natzeret? Het jy gekom om ons uit te wis? Ek weet Wie Jy is: die Afgesonderde Een van God!”

35. Yeshua het dit bestraf en gesê: “Hou jou mond toe en gaan uit hom uit!” Die demoon het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.

36. ’n Verbaasdheid kom oor almal en hulle praat onder mekaar en sê: “Watter woord is dit: dat Hy met outoriteit en mag die vuil geeste beveel en hulle gaan uit!”

Lees volledige hoofstuk Luka 4