Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 4:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. en die boekrol van die profeet Yesha’yahu is aan Hom gegee en toe Hy die boekrol oopmaak, vind Hy die plek waar geskrywe is:

18. “Die Gees van יהוה is op My en as gevolg daarvan het Hy My gesalf met die doel om die goeie boodskap aan die armes te verkondig; Hy het My gestuur om die wat gebroke is van verstand, wil en emosie te genees; om aan die wat gevangenes is vryheid te verkondig en aan blindes herstel van sig; om die wat depressief is, te herstel met vergifnis enYes 61:1-2

19. om ’n tydperk aanvaarbaar vir יהוה aan te kondig.”

20. Hy het die boekrol opgerol en aan die assistent gegee en gaan sit, maar die oë van almal in die bymekaarkomplek was vasgenael op Hom.

21. Hy begin en sê vir hulle: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”

22. Almal het daartoe getuig en was verwonderd oor die woorde van onverdiende guns wat uit Sy mond kom en hulle sê: “Is Hy nie die seun van Yosef nie?”

23. Yeshua sê vir hulle: “Julle sal sonder twyfel vir My hierdie idioom aanhaal: ‘Geneesheer, genees Uself!’ Alles wat ons hoor wat U in K’far-Nagum gedoen het, doen dit hier in U tuisdorp ook.”

24. Hy sê ook: “Dit is waar, Ek sê vir julle, geen profeet is aanvaar in sy tuisdorp nie,

25. maar waarlik, Ek sê vir julle, daar was baie weduwees in Yisra’el in die tyd van Eliyahu toe die hemel toegesluit was vir drie jaar en ses maande, toe daar ’n groot hongersnood gekom het in die hele land

Lees volledige hoofstuk Luka 4