Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 4:11-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. hulle sal U op die hande dra sodat U nie U voet teen ’n klip stamp nie’.”Deut 6:16

12. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is gesê: ‘Jy mag יהוה, jou God, nie toets nie’.”

13. Toe die teëstander klaar was met al sy versoekings, het hy van Sy Teenwoordigheid af weggegaan vir ’n tyd.

14. Yeshua het in die krag van die Gees na die Galil teruggegaan en ’n verslag oor Hom het deur die hele streek uitgegaan

15. en Hy het in hulle byeenkomste geleer en almal het Hom geloof.

16. Hy kom in Natzeret waar Hy groot geword het en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Shabbat na die bymekaarkomplek en staan op om te lees

17. en die boekrol van die profeet Yesha’yahu is aan Hom gegee en toe Hy die boekrol oopmaak, vind Hy die plek waar geskrywe is:

18. “Die Gees van יהוה is op My en as gevolg daarvan het Hy My gesalf met die doel om die goeie boodskap aan die armes te verkondig; Hy het My gestuur om die wat gebroke is van verstand, wil en emosie te genees; om aan die wat gevangenes is vryheid te verkondig en aan blindes herstel van sig; om die wat depressief is, te herstel met vergifnis enYes 61:1-2

19. om ’n tydperk aanvaarbaar vir יהוה aan te kondig.”

20. Hy het die boekrol opgerol en aan die assistent gegee en gaan sit, maar die oë van almal in die bymekaarkomplek was vasgenael op Hom.

21. Hy begin en sê vir hulle: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”

22. Almal het daartoe getuig en was verwonderd oor die woorde van onverdiende guns wat uit Sy mond kom en hulle sê: “Is Hy nie die seun van Yosef nie?”

23. Yeshua sê vir hulle: “Julle sal sonder twyfel vir My hierdie idioom aanhaal: ‘Geneesheer, genees Uself!’ Alles wat ons hoor wat U in K’far-Nagum gedoen het, doen dit hier in U tuisdorp ook.”

Lees volledige hoofstuk Luka 4