Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 3:15-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Wanneer die mense aan Yoganan gedink het, het almal in hulle verstand, wil en emosie bereken of Yoganan nie miskien Die Gesalfde Een was nie.

16. Yoganan antwoord en sê vir hulle: “Let op, ek doop julle met water, maar Hy kom wat kragtiger is as ek, wie se sandaalbande ek nie waardig is om los te maak nie; Hy sal julle doop in die Gees van Afsondering en in vuur;

17. Hy wat ’n hooivurk in Sy hand hou, Sy dorsvloer deeglik skoonmaak en die koring bymekaarmaak in Sy skure, maar die kaf met ’n onuitblusbare vuur verbrand.”

18. Net so het hy ook baie ander dinge geleer en hy het die goeie boodskap aan die mense verkondig,

19. maar toe Herodes, (heerser oor ’n kwart van die land), deur hom tereggewys is oor Herodias, die vrou van Filippos, sy broer en oor al die bose dinge wat hy gedoen het,

20. het hy by alles nog bygevoeg om vir Yoganan in die tronk op te sluit.

21. Dit het gebeur dat, tydens die tyd toe hy al die mense gedoop het, hy Yeshua ook gedoop het. Terwyl Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaanHeb 1:5

22. en die Gees van Afsondering het in fisiese vorm, soos ’n duif, op Hom neergedaal en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: “Jy is My Seun, wat Ek liefhet; oor Wie Ek tevrede is.”

23. Yeshua self was omtrent dertig jaar oud en Hy is beskou as die seun van Yosef, die seun van `Eli,

24. die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Malki, die seun van Yannai, die seun van Yosef,

25. die seun van Mattityahu, die seun van Amotz, die seun van Nagum, die seun van Gesli, die seun van Naggai,

26. die seun van Magat, die seun van Mattityahu, die seun van Shim’i, die seun van Yosef, die seun van Y’hudah,

27. die seun van Yoganan, die seun van Reisha, die seun van Z’rubavel, die seun van Sh’altiel, die seun van Neriyah,

Lees volledige hoofstuk Luka 3