Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 24:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en terwyl hulle praat en dit bespreek, ontmoet Yeshua hulle en loop saam met hulle,

16. maar hulle oë is toegemaak sodat hulle Hom nie kon herken nie.

17. Hy sê vir hulle: “Wat is hierdie sake waaroor julle loop en praat met mekaar en waaroor julle so treurig is?”

18. Een van hulle met die naam van Kleopas antwoord en sê vir Hom: “U is inderdaad alleen ’n vreemdeling in Yerushalayim dat U nie van die dinge weet wat in hierdie dae daar gebeur het nie.”

19. Hy sê vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Aangaande Yeshua, van Natzeret, wat ’n profeet was, kragtig in daad en boodskap voor God en voor die hele nasie.

20. Hoe die leierpriesters en leiers Hom oorgelewer en veroordeel het tot die dood en Hom gekruisig het.

21. Ons het ’n versekerde verwagting gehad dat dit Hy was wat Yisra’el sou bevry en let op, dit is reeds drie dae nadat al hierdie dinge plaasgevind het.

22. Sommige vroue uit ons geledere het ons ook verstom nadat hulle vroeër by die graf was

23. en toe hulle Sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook engele daar gesien het wat sê dat Hy lewe.

24. Sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue gesê het, maar hulle het Hom nie gesien nie.”

25. Toe sê Yeshua vir hulle: “O, onverstandiges, met verstand, wil en emosie wat stadig is om alles wat die profete gesê het te vertrou!

26. Moes Die Gesalfde Een nie hierdie dinge deurgaan en in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid ingaan nie?”

Lees volledige hoofstuk Luka 24