Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 23:20-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Daarna het Pilatos weer met hulle gepraat omdat hy Yeshua wou vrylaat,

21. maar hulle het aangehou skree en gesê: “Kruisig Hom, kruisig Hom!”

22. Vir die derde keer sê hy vir hulle: “Watter boosheid het Hy dan gedoen? Ek het niks in Hom gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom daarvolgens dissiplineer en vrylaat.”

23. Hulle het aangehou met ’n harde geskree en gevra dat Hy gekruisig moes word en hulle geskree en dié van die leierpriesters het die oorhand gekry.

24. Toe gee Pilatos uitspraak dat hulle eis toegestaan moes word.

25. Hy het dié een vir hulle vrygelaat wat oor opstand en moord in die tronk gegooi is, die een wat hulle gevra het, maar Yeshua het hy aan hulle wil oorgelewer.

26. Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ’n sekere Shim’on van Kurene, wat van ’n dorpie af gekom het en sit die hout op hom om dit agter Yeshua aan te dra.

27. ’n Groot hoeveelheid mense het Hom gevolg, asook vroue wat treur en oor Hom gehuil het.

28. Yeshua het Hom omgedraai na hulle toe en vir hulle gesê: “Dogters van Yerushalayim, moenie oor My huil nie, maar huil oor julleself en oor julle kinders.

29. Let op, daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Gelukkig is dié wat nie kinders kan hê nie, die baarmoeder wat nie geboorte gegee het nie en die borste wat nie gevoed het nie.’Hos 10:8

30. Dan sal hulle begin om vir die berge te sê: ‘Val op ons!’ en vir die heuwels: ‘Bedek ons!’

31. As hulle hierdie dinge doen aan die groen hout (onskuldige man), wat sal met die droë hout (bose man) gebeur?”

32. Daar is ook twee ander, hulle was boosdoeners, saam met Hom weggelei om doodgemaak te word.

33. Toe hulle op ’n sekere plek kom wat ‘Kopbeen’ genoem word, het hulle Hom daar gekruisig saam met die boosdoeners, een aan die regter en een aan die linkerkant.Ps 22:19; Mat 27:35

Lees volledige hoofstuk Luka 23