Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 22:59-71 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

59. Ná ongeveer ’n uur het ’n ander een daaroor gestry en gesê: “Sekerlik, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook van die Galil.”

60. Kefa antwoord: “Man, ek weet nie wat jy sê nie.” Onmiddellik toe hy praat, het ’n haan gekraai.

61. Yeshua het omgedraai en na Kefa gekyk en Shim’on het die woord van ons Meester onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal ontken.”

62. Shim’on het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

63. Die manne wat Yeshua gevange gehou het, het Hom gespot, toegegooi,

64. in Sy gesig geslaan en gesê: “Profeteer wie dit is wat U geslaan het.”

65. Hulle het ook baie ander bose dinge teen Hom gesê.

66. Toe die dag breek, het die oudstes van die volk, die leierpriesters en die leraars van die wet vergader en Hom na die plek van hulle Raad gebring

67. en vir Hom gevra: “As U Die Gesalfde Een is, sê vir ons.” Hy antwoord hulle: “As Ek julle antwoord, sal julle My nie glo nie

68. en ook as Ek vra, sal julle My nie antwoord of loslaat nie.Ps 110:1

69. Van nou af aan sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van Die Krag (HaG’vurah) van God,”

70. Hulle vra almal: “Is U daarom die Seun van God?” Yeshua sê vir hulle: “Julle sê self אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees.”

71. Hulle het gesê: “Hoekom het ons nog getuies nodig, want ons het dit self uit Sy mond gehoor.”

Lees volledige hoofstuk Luka 22