Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 22:30-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. sodat julle kan eet en drink aan My tafel in My Koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Yisra’el te oordeel.”`Am 9:9

31. Yeshua sê vir Shim’on: “Shim’on, let op, die teëstander het gevra om julle soos graan te sif,

32. maar Ek het vir jou gebid dat jou vertroue nie sal faal nie en as jy die dag herstel is, moet jy jou broers versterk.”

33. Shim’on sê vir Hom: “My Meester, ek is gereed om saam met U in die tronk en in die dood in te gaan.”

34. Yeshua sê vir hom: “Ek sê vir jou, Shim’on, die haan sal vandag nie kraai voordat jy drie maal ontken het dat jy My ken nie.”

35. Hy sê vir hulle: “Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie, reissak of skoene, het julle enige tekort gehad?” Hulle antwoord: “Niks nie.”

36. Toe sê Hy vir hulle: “Van nou af, wie ’n beursie het, laat hom dit vat en so ook ’n reissak en wie nie ’n swaard het nie, moet sy baadjie verkoop en ’n swaard koop,Yes 53:12 want alles aangaande My, sal gebeur.”

37. want Ek sê vir julle dat ook dit wat geskrywe is in My vervul moet word: ‘En Hy is saam met wetsoortreders gereken,’

38. Hulle sê vir Hom: “Ons Meester, let op, hier is twee swaarde.” Hy antwoord hulle: “Dis nou genoeg!”

Lees volledige hoofstuk Luka 22