Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 21:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle vra Hom en sê: “Leermeester, wanneer sal hierdie dinge gebeur en watter teken sal daar wees voor dit gaan gebeur?”

8. Hy sê vir hulle: “Pas op dat julle nie mislei word nie, want baie sal in My Outoriteit kom en sê: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, Die Gesalfde Een’ en: ‘Die tyd is naby!’ Moenie agter hulle aan gaan nie.

9. Wanneer julle hoor van oorloë en onstabiliteit, moenie bang wees nie, want dié dinge moet eers gebeur, maar die einde het nog nie gekom nie.

10. Nasie sal opstaan teen nasie en koninkryk teen koninkryk;

11. groot aardbewings sal op verskillende plekke wees, hongersnood, epidemies, paniek en angs, daar sal ook groot tekens aan die hemel kom en daar sal groot storms wees,

12. maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer aan vergaderings en tronke en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van My Karakter en Outoriteit (Naam).

13. Dit sal met julle gebeur as ’n getuienis.

14. Maak dit vas in julle verstand, wil en emosie dat julle nie vooraf geleer sal word oor ’n antwoord nie,

Lees volledige hoofstuk Luka 21