Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 21:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Maak dit vas in julle verstand, wil en emosie dat julle nie vooraf geleer sal word oor ’n antwoord nie,

15. want Ek sal aan julle ’n mond van wysheid gee waarteen al julle teëstanders nie sal kan staan nie.

16. Julle sal egter ook oorgelewer word deur julle ouers, broers, familie en julle vriende en hulle sal sommige van julle doodmaak.

17. Julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Karakter en Outoriteit (Naam)

18. en geen haar van julle kop sal aangeraak word nie.

19. Deur julle volharding sal julle jul lewe in besit neem

20. en wanneer julle sien dat Yerushalayim omsingel is deur troepe, dan moet julle weet dat sy vernietiging naby is.

21. Dan moet die wat in Y’hudah is, na die berge vlug en die wat binne is, ontsnap en die wat in die dorpies is, moenie daar ingaan nie,

22. want dit sal die dae van wraak wees sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.

23. Wee die vroue wat swanger is en die wat nog borsvoed in daardie dae, want daar sal ’n groot lyding in die land wees en wraak oor hierdie volk.Rom 11:25

24. Hulle sal deur die punt van die swaard val en as gevangenes weggeneem word na al die streke en Yerushalayim sal vertrap word deur die nasies totdat die vasgestelde tyd van die ander nasies voltooid is.

Lees volledige hoofstuk Luka 21