Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 19:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hy het haastig afgeklim en Hom ontvang terwyl hy hom verheug

7. en almal wat dit gesien het, het gemurmureer en gesê: “Hy het by ’n sondige man ingegaan en gebly.”Eks 22:1; 2 Sh'm 12:6

8. Zakkai het opgestaan en vir Yeshua gesê: “My Meester, let op, die helfte van my besittings gee ek vir die armes en aan elkeen van wie ek iets gevat het, gee ek dit vierdubbel terug.”

9. Yeshua sê vir hom: “Vandag het daar lewe na hierdie huis toe gekom omdat hierdie man ook ’n seun van Avraham is,Yeg 34:16

10. want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore is.”

11. Terwyl hulle na hierdie dinge luister, het Hy ook ’n vergelykende storie bygevoeg omdat Hy Yerushalayim genader het en hulle verwag het dat die Koninkryk van God op die punt was om openbaar te word.

Lees volledige hoofstuk Luka 19