Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 19:40-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Hy antwoord en sê vir hulle: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe hardop uitroep.”

41. Toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor gehuil

42. en gesê: “As jy tog maar dit wat nodig is vir jou vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid geken het, ook in hierdie dag van jou, maar nou is dit vir jou oë weggesteek,

43. want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande jou sal omsingel en jou sal indruk van alle kante af.

44. Hulle sal jou en jou kinders in jou, vernietig en hulle sal in jou nie een klip op ’n ander laat bly nie omdat jy die gekose tyd van jou besoek, nie geken het nie.”

45. Toe Hy in die tempel ingegaan het, het Hy begin om die verkopers en kopers uit te jaag.Yes 56:7 maar julle het dit ’n grot vir rowers gemaak’.”Yir 7:11

46. Hy sê vir hulle: “Daar is geskrywe: ‘My huis is ’n huis van gebed,

47. Hy was elke dag besig om in die tempel te leer en die leierpriesters en die leraars van die wet het saam met die oudstes van die volk geleentheid gesoek om Hom dood te maak

48. en hulle het geen manier gevind om dit te doen nie, want al die mense het Hom aangehang en na Hom geluister.

Lees volledige hoofstuk Luka 19