Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 19:39-44 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Sommige van die Fariseërs tussen die mense sê vir Hom: “Leermeester, bestraf U studentevolgelinge!”

40. Hy antwoord en sê vir hulle: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe hardop uitroep.”

41. Toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor gehuil

42. en gesê: “As jy tog maar dit wat nodig is vir jou vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid geken het, ook in hierdie dag van jou, maar nou is dit vir jou oë weggesteek,

43. want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande jou sal omsingel en jou sal indruk van alle kante af.

44. Hulle sal jou en jou kinders in jou, vernietig en hulle sal in jou nie een klip op ’n ander laat bly nie omdat jy die gekose tyd van jou besoek, nie geken het nie.”

Lees volledige hoofstuk Luka 19