Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 19:25-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Hulle sê vir hom: ‘Ons meester, hy het tien manim!’

26. Hy sê vir hulle: ‘Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word, ook wat hy het.’

27. ‘Meer nog, bring daardie teëstanders van my, wat nie wou hê dat ek oor hulle moes heers nie, hier en maak hulle voor my dood.’”

28. Toe Yeshua dit gesê het, gaan Hy uit na hulle wat voor Hom uitgaan na Yerushalayim

29. en toe Hy naby Beit-Pagei en Beit-Anyah kom, langs die berg wat D’Beit-Tzaida (Olyfberg) genoem word, het Hy twee van Sy studentevolgelinge uitgestuur

30. en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorp wat reg oorkant ons is en as julle inkom, let op, julle sal ’n vul vind wat vasgemaak is, waarop geen mens nog ooit gery het nie. Maak hom los en bring hom.

31. As iemand julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle sê dat hy nodig is vir ons Meester.”

32. Die wat gestuur was, gaan toe en vind dit net soos Hy vir hulle gesê het.

33. Toe hulle die vul losmaak, sê die eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die vul los?”

34. Hulle sê vir hulle: “Ons Meester het hom nodig.”Z’kh 9:9 lê hulle klere op die vul en laat Yeshua daarop sit.

35. Hulle bring hom na Yeshua toe,

36. Soos Hy ry, strooi hulle hul klere op die pad.

37. Toe Hy reeds naby die afdraend van die Olyfberg is, begin die groot groep studentevolgelinge God luidkeels met blydskap prys oor al die wonderdade wat hulle gesien het,Ps 118:26 in die hoogste hemel!”

38. terwyl hulle sê: “Geseënd is die Koning wat kom in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, vrede in die hemel en eer, lof en aanbidding

39. Sommige van die Fariseërs tussen die mense sê vir Hom: “Leermeester, bestraf U studentevolgelinge!”

40. Hy antwoord en sê vir hulle: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe hardop uitroep.”

41. Toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor gehuil

Lees volledige hoofstuk Luka 19