Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 19:14-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die mense van sy stad het hom egter gehaat en afgevaardigdes agter hom aangestuur om te sê: ‘Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.’

15. Toe hy terugkom nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie slawe aan wie hy die geld gegee het, na hom toe moes kom sodat hy kon weet watter wins elkeen deur handel verdien het.

16. Die eerste het nadergekom en gesê: ‘My meester, u maneh het tien manim wins gemaak.’

17. Hy sê vir hom: ‘Uitstekend, goeie slaaf. Omdat jy in die kleinste ding betroubaar was, ontvang jy outoriteit oor tien stede.’

18. Die tweede kom en sê: ‘My meester, u maneh het vyf manim bygevoeg.’

19. Hy sê ook vir hierdie een: ‘Jy sal heerser wees oor vyf stede.’

20. ’n Ander een kom en sê: ‘My meester, let op, u maneh wat ek gehad het, het ek in fyn linne bewaar,

21. want ek was bang vir u aangesien u ’n strawwe man is. U vat wat u nie gegee het nie en oes wat u nie gesaai het nie.’

22. Hy sê vir hom: ‘Uit jou mond sal ek jou oordeel, bose slaaf! Jy het geweet dat ek ’n strawwe man is wat vat wat ek nie gegee het nie en oes wat ek nie gesaai het nie.

23. Waarom het jy dan nie my geld in die bank gesit nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.’

24. Aan die wat by hom staan, sê hy: ‘Neem die maneh van hom af weg en gee dit aan hom wat tien manim het.’

25. Hulle sê vir hom: ‘Ons meester, hy het tien manim!’

26. Hy sê vir hulle: ‘Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word, ook wat hy het.’

27. ‘Meer nog, bring daardie teëstanders van my, wat nie wou hê dat ek oor hulle moes heers nie, hier en maak hulle voor my dood.’”

28. Toe Yeshua dit gesê het, gaan Hy uit na hulle wat voor Hom uitgaan na Yerushalayim

29. en toe Hy naby Beit-Pagei en Beit-Anyah kom, langs die berg wat D’Beit-Tzaida (Olyfberg) genoem word, het Hy twee van Sy studentevolgelinge uitgestuur

30. en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorp wat reg oorkant ons is en as julle inkom, let op, julle sal ’n vul vind wat vasgemaak is, waarop geen mens nog ooit gery het nie. Maak hom los en bring hom.

31. As iemand julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle sê dat hy nodig is vir ons Meester.”

32. Die wat gestuur was, gaan toe en vind dit net soos Hy vir hulle gesê het.

33. Toe hulle die vul losmaak, sê die eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die vul los?”

Lees volledige hoofstuk Luka 19