Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 19:14-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die mense van sy stad het hom egter gehaat en afgevaardigdes agter hom aangestuur om te sê: ‘Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.’

15. Toe hy terugkom nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie slawe aan wie hy die geld gegee het, na hom toe moes kom sodat hy kon weet watter wins elkeen deur handel verdien het.

16. Die eerste het nadergekom en gesê: ‘My meester, u maneh het tien manim wins gemaak.’

17. Hy sê vir hom: ‘Uitstekend, goeie slaaf. Omdat jy in die kleinste ding betroubaar was, ontvang jy outoriteit oor tien stede.’

18. Die tweede kom en sê: ‘My meester, u maneh het vyf manim bygevoeg.’

19. Hy sê ook vir hierdie een: ‘Jy sal heerser wees oor vyf stede.’

20. ’n Ander een kom en sê: ‘My meester, let op, u maneh wat ek gehad het, het ek in fyn linne bewaar,

21. want ek was bang vir u aangesien u ’n strawwe man is. U vat wat u nie gegee het nie en oes wat u nie gesaai het nie.’

Lees volledige hoofstuk Luka 19