Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 19:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Terwyl hulle na hierdie dinge luister, het Hy ook ’n vergelykende storie bygevoeg omdat Hy Yerushalayim genader het en hulle verwag het dat die Koninkryk van God op die punt was om openbaar te word.

12. Hy het gesê: “’n Man van hoë stand het na ’n ver land gereis om ’n koningskap te ontvang en dan terug te kom

13. en hy roep tien van sy slawe, gee vir hulle tien manim en sê vir hulle: ‘Dryf handel totdat ek kom.’

14. Die mense van sy stad het hom egter gehaat en afgevaardigdes agter hom aangestuur om te sê: ‘Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.’

15. Toe hy terugkom nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie slawe aan wie hy die geld gegee het, na hom toe moes kom sodat hy kon weet watter wins elkeen deur handel verdien het.

16. Die eerste het nadergekom en gesê: ‘My meester, u maneh het tien manim wins gemaak.’

17. Hy sê vir hom: ‘Uitstekend, goeie slaaf. Omdat jy in die kleinste ding betroubaar was, ontvang jy outoriteit oor tien stede.’

18. Die tweede kom en sê: ‘My meester, u maneh het vyf manim bygevoeg.’

19. Hy sê ook vir hierdie een: ‘Jy sal heerser wees oor vyf stede.’

20. ’n Ander een kom en sê: ‘My meester, let op, u maneh wat ek gehad het, het ek in fyn linne bewaar,

21. want ek was bang vir u aangesien u ’n strawwe man is. U vat wat u nie gegee het nie en oes wat u nie gesaai het nie.’

22. Hy sê vir hom: ‘Uit jou mond sal ek jou oordeel, bose slaaf! Jy het geweet dat ek ’n strawwe man is wat vat wat ek nie gegee het nie en oes wat ek nie gesaai het nie.

Lees volledige hoofstuk Luka 19