Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 17:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en as hy sewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

5. Die afgevaardigdes vra vir die Meester: “Vermeerder ons vertroue.”

6. Hy sê vir hulle: “As julle vertroue gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie wildevyeboom sê: ‘Word ontwortel en in die see geplant’ en hy sou aan julle gehoorsaam wees.

7. Wie is daar van julle wat ’n slaaf het wat ploeg of vee oppas en as hy inkom van die veld af vir hom sal sê: ‘Kom sit dadelik aan by die tafel?’

8. Hy sê eerder vir hom: ‘Berei my aandete voor, trek jou voorskoot aan en bedien my totdat ek klaar geëet en gedrink het en daarna kan jy eet en drink.’

9. Bedank hy daardie slaaf omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek dink nie so nie.

10. So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, moet julle sê: ‘Ons is onwaardige slawe, want ons het slegs gedoen wat ons verplig was om te doen’.”

11. Dit was so dat Yeshua deur Shomron na die Galil gegaan het op sy reis na Yerushalayim.

12. Toe Hy naderkom om in ’n sekere dorpie in te gaan, kom tien melaatse mans, wat op ’n afstand gebly het, na Hom toe

13. en hulle het hulle stemme verhef en gesê: “Yeshua, ons Leermeester, gee om vir ons!”

Lees volledige hoofstuk Luka 17