Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 17:30-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Net so sal dit wees in daardie dag wanneer die Seun van die mens openbaar word.

31. In daardie dag moet hy wat op die dak is en sy besittings in die huis, nie afkom om dit weg te vat nie en so ook moet hy wat op die landery is, nie terugdraai nie.

32. Onthou die vrou van Lot!

33. Wie ook al kies om sy lewe te red, sal dit verloor en elkeen wat dit self verloor, sal dit vind.

34. Ek sê vir julle: ‘In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal weggevoer word en die ander een sal gelos word.

35. Twee vroue sal saam maal; die een sal weggevoer word en die ander een gelos word.

36. Twee sal op die landery wees; die een sal weggevoer word en die ander een gelos word’.”

37. Hulle antwoord en sê vir Hom: “Waarheen, ons Meester?” Hy sê vir hulle: “Waar ook al die karkasse lê, daar sal die aasvoëls saamkom.”

Lees volledige hoofstuk Luka 17