Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 17:24-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. want presies net soos die weerlig wat aan die hemel blits en alles onder die hemel word verlig, net so sal die Seun van die mens op Sy dag wees,

25. maar eers moet Hy baie lyding ervaar en verwerp word deur hierdie geslag.

26. Net soos dit was in die dae van Noag, net so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:

27. hulle het geëet, gedrink, getrou en in die huwelik weggegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, die vloed gekom en almal vernietig het.

28. Ook net so was dit in die dae van Lot: hulle het geëet, gedrink, gekoop, verkoop, geplant en gebou,

29. maar op die dag toe Lot uit S’dom weggegaan het, het יהוה vuur en swawel vanuit die hemel laat reën en almal vernietig.

30. Net so sal dit wees in daardie dag wanneer die Seun van die mens openbaar word.

31. In daardie dag moet hy wat op die dak is en sy besittings in die huis, nie afkom om dit weg te vat nie en so ook moet hy wat op die landery is, nie terugdraai nie.

Lees volledige hoofstuk Luka 17