Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 17:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: “Gaan wys julleself aan die priesters.” Terwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.

15. Toe een van hulle sien dat hy rein was, het hy teruggegaan na Hom toe en met ’n harde stem eer aan God gegee,

16. op sy gesig neergeval by Yeshua se voete en Hom gedank en hy was van Shomron.

17. Yeshua antwoord en sê: “Is daar nie tien wat rein geword het nie en waar is die nege?Rom 1:21

18. Het hulle nagelaat om eer, lof en aanbidding aan God te kom gee, behalwe hierdie vreemdeling?”

19. Hy sê vir hom: “Staan op en gaan; jou vertroue het jou genees.”

20. Toe sommige Fariseërs hom vra wanneer die Koninkryk van God kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: “Die Koninkryk van God kom nie sigbaar nie

21. en hulle sal ook nie sê: ‘Let op, dit is hier!’ of: ‘Let op, dit is daar!’ nie, want let op, die Koninkryk van God is in sommige van julle.”

22. Hy sê vir Sy studentevolgelinge: “Die tyd sal kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien en julle sal dit nie sien nie

Lees volledige hoofstuk Luka 17