Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 17:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is onmoontlik dat die geleenthede om te struikel nie sal kom nie, maar wee hom deur wie hulle kom.

2. Dit is beter vir hom as ’n maalsteen vir ’n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.

3. Beskerm julle lewens. As jou broer sou sondig, bestraf hom en as hy berou het en omdraai, vergewe hom

4. en as hy sewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

5. Die afgevaardigdes vra vir die Meester: “Vermeerder ons vertroue.”

6. Hy sê vir hulle: “As julle vertroue gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie wildevyeboom sê: ‘Word ontwortel en in die see geplant’ en hy sou aan julle gehoorsaam wees.

7. Wie is daar van julle wat ’n slaaf het wat ploeg of vee oppas en as hy inkom van die veld af vir hom sal sê: ‘Kom sit dadelik aan by die tafel?’

Lees volledige hoofstuk Luka 17