Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 16:19-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Daar was ’n sekere ryk man en hy het purper klere en wit linne gedra en het elke dag uitspattig fees gevier.

20. Daar was ook ’n sekere arm man met die naam van El’azar, vol swere, wat voor sy poort gelê het

21. en hy het begeer om sy maag te vul met die krummels wat van die ryk man se tafel afval en die honde het ook gekom en sy swere gelek.

22. Toe die arm man sterf, is hy deur die engele weggedra na die arms van Avraham en die ryk man het ook gesterf en is begrawe.

23. Terwyl hy in Sh’ol gely het, het hy sy oë opgelig en hy sien Avraham ver weg en El’azar aan sy bors.

24. Hy roep uit in ’n harde stem en sê: ‘My vader Avraham, gee om vir my en stuur El’azar sodat hy die punt van sy vinger in water kan indruk en my tong afkoel, want ek word gemartel in hierdie vuur.’

Lees volledige hoofstuk Luka 16