Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 16:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het vir Sy studentevolgelinge ’n vergelykende storie vertel: “Daar was ’n sekere ryk man wat ’n bestuurder gehad het en hy is by hom daarvan beskuldig dat hy sy besittings vermors.

2. Sy meester roep hom en sê vir hom: ‘Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou administrasie, want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.’

3. Die bestuurder sê by homself: ‘Wat sal ek doen, want my meester het die administrasie van my af weggevat. Ek kan nie spit nie en ek skaam my om te bedel.

4. Ek weet wat ek sal doen sodat wanneer die administrasie van my weggeneem word, hulle my in hulle huise sal ontvang.’

5. Hy roep almal wat sy meester geld skuld, een vir een en sê vir die eerste: ‘Hoeveel skuld jy my meester?’

6. Hy antwoord: ‘Een honderd vate olie.’ Hy sê vir hom: ‘Neem jou nota, gaan sit en skryf gou vyftig.’

7. Daarna sê hy vir ’n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy my meester?’ Hy antwoord: ‘Een honderd koros koring.’ Toe sê hy vir hom: ‘Neem jou nota en skryf tagtig.’

Lees volledige hoofstuk Luka 16