Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 16:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het vir Sy studentevolgelinge ’n vergelykende storie vertel: “Daar was ’n sekere ryk man wat ’n bestuurder gehad het en hy is by hom daarvan beskuldig dat hy sy besittings vermors.

2. Sy meester roep hom en sê vir hom: ‘Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou administrasie, want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.’

3. Die bestuurder sê by homself: ‘Wat sal ek doen, want my meester het die administrasie van my af weggevat. Ek kan nie spit nie en ek skaam my om te bedel.

4. Ek weet wat ek sal doen sodat wanneer die administrasie van my weggeneem word, hulle my in hulle huise sal ontvang.’

5. Hy roep almal wat sy meester geld skuld, een vir een en sê vir die eerste: ‘Hoeveel skuld jy my meester?’

6. Hy antwoord: ‘Een honderd vate olie.’ Hy sê vir hom: ‘Neem jou nota, gaan sit en skryf gou vyftig.’

7. Daarna sê hy vir ’n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy my meester?’ Hy antwoord: ‘Een honderd koros koring.’ Toe sê hy vir hom: ‘Neem jou nota en skryf tagtig.’

8. Die meester het die onetiese bestuurder geprys omdat hy verstandig gehandel het, want die kinders van hierdie wêreld is wyser as die kinders van die Lig in hierdie geslag.

9. Ek sê vir julle: ‘Maak vir julle vriende deur die rykdom wat julle verkry sodat wanneer dit uitgegee is, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.

10. Hy wat vertrouenswaardig is met min, is ook met baie vertrouenswaardig en hy wat boos doen met min, doen ook boos met baie.

11. As julle dan nie vertrouenswaardig was met die boosheid van rykdom nie, wie sal vertrou dat daar waarheid in julle is?

12. As julle nie vertrouenswaardig was met ’n ander se besittings nie, wie sal aan julle jul eie gee?

13. Geen dienskneg kan twee meesters dien nie, want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een eer en die ander een verwaarloos. Julle kan nie ’n dienskneg wees van God én van geld nie’.”

14. Al hierdie dinge het die Fariseërs, wat begeer het na geld, ook gehoor en Hom openlik verkleineer.

Lees volledige hoofstuk Luka 16