Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 15:14-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Toe hy alles uitgemors het wat syne was, kom daar ’n swaar hongersnood in daardie land en hy het begin swaarkry.

15. Toe het hy hom by een van die mense van daardie land gaan voeg en dié het hom na sy veld gestuur om varke te versorg.

16. Hy het begeer om sy maag vol te maak met die peule wat die varke eet en niemand het dit vir hom gegee nie.

17. Toe hy tot homself kom, het hy gesê: ‘Hoeveel gehuurde werkers is in die huis van my vader wat ’n oorvloed brood vir hulleself het en hier gaan ek dood van die honger!

18. Ek sal opstaan en na my vader gaan en ek sal vir hom sê: ‘My vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u.

19. Ek is nie meer waardig om u seun genoem te word nie; maak my net soos een van u gehuurde werkers.’

20. Hy het opgestaan en na sy vader gegaan, maar toe hy nog ver weg was, het sy vader hom gesien en omgegee vir hom en gehardloop, hom omhels en gesoen.

21. Sy seun sê vir hom: ‘My vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie langer waardig om u seun genoem te word nie.’

22. Sy vader sê egter vir sy slawe: ‘Bring die beste klere en trek dit vir hom aan, sit ’n ring aan sy hand, skoene aan sy voete

23. en bring die vetgemaakte vee en slag dit en laat ons eet en bly wees,

24. want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword en hy was weg en is gevind.’ Hulle het begin feesvier.

25. Sy oudste seun was in die veld en terwyl hy nader na die huis toe kom, hoor hy baie musiek

26. en hy roep een van die jongmanne en vra wat dit beteken.

27. Dié sê toe vir hom: ‘U broer het gekom en u vader het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom gesond teruggekry het.’

Lees volledige hoofstuk Luka 15