Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 14:27-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Elkeen wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie My studentevolgeling wees nie.

28. Wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, of hy in staat is om dit te voltooi nie?

29. Indien nie, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom begin spot

30. en sê: ‘Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.’

31. Of watter koning wat optrek om teen ’n ander koning langs hom oorlog te maak, gaan nie eers oorweeg of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?

32. Indien nie, stuur hy afgevaardigdes terwyl die ander een nog ver is en vra vir vredesvoorwaardes.

33. Net so kan ook niemand van julle, wat nie afsien van al sy besittings, My studentevolgeling wees nie.

34. Sout is uitstekend, maar selfs sout word laf; waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

35. Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir kompos nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ’n oor het wat kan hoor, laat hom hoor.”

Lees volledige hoofstuk Luka 14