Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 14:22-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Die slaaf het gesê: ‘My meester, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek.’

23. Toe sê die meester vir die slaaf: ‘Gaan uit op die hoofpaaie en na die grense en oortuig hulle om in te kom sodat my huis vol kan wees,

24. want ek sê vir julle dat nie een van daardie mense wat genooi is, van my ete sal proe nie.’”

25. Baie mense het saam met Hom geloop en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:Rom 12:1

26. “As iemand na My toe kom en hy het nie sy vader, moeder, vrou, kinders, broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe minder lief nie, kan hy nie My studentevolgeling wees nie.

27. Elkeen wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie My studentevolgeling wees nie.

28. Wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, of hy in staat is om dit te voltooi nie?

29. Indien nie, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom begin spot

30. en sê: ‘Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.’

31. Of watter koning wat optrek om teen ’n ander koning langs hom oorlog te maak, gaan nie eers oorweeg of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?

32. Indien nie, stuur hy afgevaardigdes terwyl die ander een nog ver is en vra vir vredesvoorwaardes.

Lees volledige hoofstuk Luka 14