Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 12:51-55 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

51. Dink julle dat Ek gekom het om vrede in die wêreld te bring? Nee, Ek sê vir julle, eerder verdeeldheid,

52. want van nou af sal daar verdeeldheid wees in ’n huis van vyf; drie teen twee en twee teen drie.Mik 7:6

53. Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader; die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder; die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.”

54. Hy het ook vir die mense gesê: “Wanneer julle ’n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: ‘Dit gaan reën’ en dit is so;

55. wanneer die suidewind waai, sê julle: ‘Dit sal warm wees’ en dit is so.

Lees volledige hoofstuk Luka 12