Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 12:50-59 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

50. maar Ek het ’n doop om mee gedoop te word en Ek is in ’n groot stryd totdat dit voltooi is!

51. Dink julle dat Ek gekom het om vrede in die wêreld te bring? Nee, Ek sê vir julle, eerder verdeeldheid,

52. want van nou af sal daar verdeeldheid wees in ’n huis van vyf; drie teen twee en twee teen drie.Mik 7:6

53. Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader; die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder; die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.”

54. Hy het ook vir die mense gesê: “Wanneer julle ’n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: ‘Dit gaan reën’ en dit is so;

55. wanneer die suidewind waai, sê julle: ‘Dit sal warm wees’ en dit is so.

56. Toneelspelers van ’n vals karakter, die voorkoms van die aarde en die lug kan julle interpreteer, maar hoe is dit dat julle hierdie tye nie kan interpreteer nie?

57. Waarom onderskei julle nie ook vir julleself wat waarheid is nie?

58. Terwyl jy met jou aanklaer na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom af losgekoop te word sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die polisie en die polisie jou in die gevangenis gooi nie.

59. Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste lepton (kleinste geldstukkie) ook betaal het nie.”

Lees volledige hoofstuk Luka 12