Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 12:4-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar Ek sê vir julle, My vriende: moenie bang wees vir hulle wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie,

5. maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, die outoriteit het om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

6. Word vyf mossies nie vir twee assarii verkoop nie? Nie een van hulle is voor God vergete nie,

7. maar selfs die hare van julle kop is almal getel. Wees dan nie bang nie: julle is meer werd as baie mossies.

8. Ek sê vir julle: ‘elkeen wat My sal erken voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook erken voor die engele van God,

9. maar hy wat My ontken voor mense, sal ontken word voor die engele van God.

10. Elkeen wat ’n woord teen die Seun van die mens sal sê, dit sal hom vergewe word, maar vir hom wat sleg gepraat het teen die Gees van Afsondering, sal dit nie vergewe word nie.’

11. Wanneer hulle julle sal bring voor die vergaderings van die owerhede en die outoriteite, moet julle nie angstig wees oor hoe julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie,

12. want die Gees van Afsondering sal julle in daardie oomblik leer wat julle moet sê.”

Lees volledige hoofstuk Luka 12