Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 12:36-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. Julle moet wees soos mense wat op hulle meester wag wanneer hy van die huwelik af terugkom sodat as hy kom en klop, hulle dadelik vir hom kan oopmaak.

37. Baie gelukkig is daardie slawe vir wie hulle meester waaksaam sal vind as hy kom. Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal sy heupe vasgord en hulle aan tafel laat skuinslê en hulle kom bedien

38. en as hy in die tweede of in die derde wagskof kom, gelukkig is daardie slawe wat hy só kry,

39. maar verstaan dít: as die eienaar van die huis geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy waaksaam gewees het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

40. Net so moet julle ook gereed wees omdat die Seun van die mens in ’n oomblik kom wanneer julle dit nie verwag nie.”

41. Shim’on Kefa sê vir Hom: “Ons Meester, vertel U hierdie vergelykende storie vir ons of ook vir almal?”

42. Yeshua sê vir hom: “Wie is dan die betroubare en wyse bestuurder wat die meester oor sy huishouding sal aanstel om vir hulle hul deel op die regte tyd te gee?

43. Baie gelukkig is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.

44. Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,

45. maar as daardie slaaf in sy hart sê: ‘My meester neem tyd om te kom’ en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan en begin eet, drink en dronk word,

46. dan sal die meester van daardie slaaf kom, op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en in ’n oomblik dat hy dit nie weet nie en hy sal hom afsny en sy deel bereken by dié sonder vertroue.

Lees volledige hoofstuk Luka 12